Wheeli-Bin Projek

Wheelie-Bin Projek

Radio Houtstok in samewerking met die Ja, Ons Gee Om projek is om ten minste 10 stelle van 4 “Wheelie-Bins” te bekom. Die doel is om die eenhede van 4 Wheelie-Bins by gesentraliseerde en geselekteerde besighede en /of sentrums te plaas, wat maklik toeganklik is vir ons luisteraars. Die Wheelie-bins word elk gemerk vir n spesifieke doel en luisteraars wat sou begerig wees om skenkings te maak, kan dood eenvoudig net die goedjies in die Wheelie_Bins plaas en n werknemer van Radio Houtstok of die Ja, Ons Gee Om projeck sal dit gereeld gaan versamel en na ons kantore neem.

 

Die Wheelie-bins sal as volg gemerk wees:

  • Nie Bederfbare voedsel (vir mens en dier)
  • Speelgoed
  • KinderKlere
  • Volwasse Klere

 

Die Wheelie-Bins sal ten minste eenkeer per week leeg gemaak word en die donasies sal dan na die Radio Houtstok/Ja, Ons Gee Om kantore geneem word waar dit dan genotileer, verwerk en geskenk sal word.

As n adverteerder sy Logo/advertensie op die dromme wil he kan die spasie aan hom verkoop word.

Sou daar die dringendheid ontstaan vir n ander veldtog wat geloods moet word vir insameling van die publike belang, soos bv water, sal ons n alternatiewe bin daarvoor gebruik.

×

 

Hello!

Hello en welkom by jou gunsteling radio stasie. Hoop jy is so kalm soos n daggawalm! Praat met ons. Klik op Radio Houtstok

× How can I help you?