Omroepers
Die “one and only” berugte Louis Baartman stigter van Radio Houtstok (2009). My bynaam is Taaibos wat ek gekry het as jong tjokkertjie by die stoeiklub oor ek taamlik rof en taai was.
Gebore op die 7de Oktober 1958, ja ek is ‘n Libra, in Vereeniging in die destydse Transvaal, nou natuurlik bekend as Gauteng.
Ek is grootbek met n klein hartjie wat mense gou jammer kry en altyd probeer help ten koste van myself. Dus is ek eintlik maar n Softie.
Ek is trots op my herkoms, my taal en lief vir my land. Ek hou nie van mense wat vol van hulself is en wat ander mense gebruik of misbruik nie en maak beslis nie n moordkuil van my hart nie.
Wanneer ek nie besig is by Radio Houtstok nie, wat maar selde gebeur, hou ek daarvan om in my vryetyd vis te vang, varswater, ja ek is n papgooier, of n rondte golf in te werk.
Mal oor musiek veral die tipe Musiek wat jy op Radio Houtstok hoor.
My gunsteling liedjie is “Alone in the night” gesig deur Engelbert Humperdinck.
My lewensmotto is: “Your attitude determines your altitude.”
My naam is Cecily, maar noem my sommer Rissiepit. Dit is wat meeste mense my noem omdat hulle sê ek is “whitty” en is nie op my mond geval nie. Ek is gebore op die 9de Junie in Kaapstad wat my n Gemini maak.
Het in 2010 by Radio Houtstok begin werk as n bemarker en later ‘n omroeper geword. Mense weet dit nie altyd nie omdat ek so borrelende persoonlikheid het, maar ek is eintlik n baie private mens. Ek maak graag mense om my mal en hou ook van ontwerp, fotos neem en sing. Ek het reeds 3 CD’s opgeneem. My droom vakansie is enige woud of waterval natuurlik met n lekker kaggel of êrens in Sisily.
My lewensmotto: Alles begin by JOUSELF.. niks in die lewe kom vanself of maklik nie. Glo in jouself en ander sal ook. Onthou God kom altyd eerste vertrou Hom in alles en moet nooit ophou droom nie.
Mense noem my Baartman of wanneer ek rugby afrig is ek geken as “coach.” Ek is op die 1ste Mei gebore in Vereeniging, Gauteng.
Ek het ‘n ding of twee om te vertel wat ek amper seker is jy weet nie, ek was die skeidsrêgter in die fliek INVICTUS en ook n rol gespeel in ISIDINGO en ‘n Supersport advertensie. My gunstelling liedjie is niks anders as Hardekole nie en ek het saam met Louis begin by Radio Houtstok, maar verhuis na Pretoria en in Julie 2020 weer terug gekeer na Houtstok. Indien ek op ‘n vakansie kan gaan sal ek defnitief in Mauritius gevind word.
My lewensmoto is: Failure is not a Option.
My volle naam is Petrus J Vorster en ek is gebore in Welkom die 25ste April. Ek is deel van Radio Houtstok vanaf Februarie 2019 en het die geleentheid gekry op Facebook toe Louis adverteer het dat hy nuwe omroepers soek.
Ek is baie gelukkig getroud en glo my of nie ek het al in elke provinsie in Suid- Afrika gewoon. My oudste kind noem my skoon ‘ FIXER’ omdat ek daarvan hou om in my vryetyd alles reg te maak van staalwerk tot meubels.
Ek het nie ‘n gunstelling liedjie nie, maar Zac Brown Band en Demis Roussos is altyd tops. n Klompie jaar gelede was ek die jongste geregistreerde club dj.
My lewensmotto is: “Wees vandag beter as gister”
My bynaam is Mietta….’n bynaam wat gekom het van my oorlede sussie en my liefste moeder wat in 2022 oorlede is. Ek is gebore 6 April 1970 in Vanderbijlpark. Ek is verloof aan Chris Baartman. In 1996 verskyn ek in tv advertensie vir Organics Shampoo en in 2001 stel ek ‘n CD vry genaamd “Walk the Walk” en in 2019 verskyn ek in die realiteits reeks “Buying your dream home”. My gunsteling liedjie is “The Flame” van Cheap Trick. Ek dwaal in die natuur rond en bewonder God se skepping vir ontspanning. My droom vakansie is ‘n tropiese Eiland of die Kruger Wildtuin. Ek begin by Radio Houtstok 2012 vir so paar maande en na ‘n lang breuk sluit ek weer in 2022 as vryskut omroeper aan. My program se naam is “Het jy geweet met Mariëtte Myburgh.
My naam is Karlien maar ek is meer bekend as Olive/Olyfie of sommer net Kallie, Ek is gebore op 18 Augustus 1974 in Pretoria, maar ek is nie n Bloubul nie, Net ‘n trotse Haai.
Die Weskus is die plek waar ek my voete gevind het Die 1ste Februarie 2022, waar ek ook my stem gekry het, Ek is sedert April 2022 deel van die Radio Houtstok span, en is ook nou trots en verslaaf aan die mikrofoon!
Ek is ‘n karige bakster, houtwerker en naaldwerkster! Niks in die lewe is vir my te veel nie! Ek is altyd reg vir ‘n uitdaging en is nie bang om my opinie te lug nie!
Ek is die trotse ma van 2 wonderlike dogters en die mooiste kleinkinders (ek weet elke ouma se so, maar myne is wragtig pragtig).
As ek ooit verdwyn en jy hoor ek is land uit, sal ek iewers in Santorini by ‘n straat kafee vir jou wag!
My lewens motto is: VANDAG IS DIE EESTE DAG VAN DIE RES VAN JOU LEWE
Hallo ek is Celest of beter bekend as Lalla, Houtstok se eie “drama queen”
Ek is gebore op 09 April 1995 wat my ‘n ram maak en seker die rede is dat ek nie terug staan vir nuwe uitdagings nie.
Ek bevind myself as ‘n baie kreatiewe persoon en het ook ‘n groot passie vir die vermaaklikheids bedryf.
In my vrye tyd sal jy my altyd vind opsoek na iets avontuurlustig of iewer tussen diere solank hulle net minder as 8 potte het en nie op die vloer rond seil nie.
My spreek woorde in die lewe is altyd: “ Wees die sonneblom in ‘n wereld vol rose.”