Doel van fondsinsameling /kompetisie
Die doel van die kompetisie is om die nodige fondse in te samel vir die terugbetaling van die nodige lenings wat Radio Houtstok moes aangaan om ons seinverspreiding en uitsaai toerusting aan te koop.
Tydperk van kompetisie
Die fondsinsameling sal strek vir n tydperk van 12 maande of tot dat alle kaartjies uitverkoop is. Watter een ookal eerste gebeur of verstryk.
Kompetisie begin 1 November 2018.
Aantal kaartjies en prys per kaartjie
Daar sal slegs 1000 kaartjies beskikbaar wees teen R500 kaartjie.
Aanwending van fondse
-
Terugbetaling van “Angel Investor” lening. R 250 000
-
Skenking aan Ja, Ons Gee Om projek R 100 000
-
Betaling van Kompetisie Pryse. R 125 000
Pryse
Daar sal 5 pryse beskikbaar wees.
1ste Prys R80000 Tropiese vakansie vir 4 mense vir 7 dae op die tropiese eiland van Phuket, Thailand. Vlugkaartjies, vervoer van lughawe na hotel en terug, luukse akkommodasie met ontbyt en twee 1-dagse ekskursies ingesluit.
2de Prys R15000 Bootreis of Kontant
3de Prys R12500 Bootreis of Kontant
4de Prys R 7500 Kontant
5de Prys R 5000 Kontant
Prys uitdeling
Die prys uitdeling sal die fomaat van n “gala dinner” aanneem en sal plaasvind die 15de Feruarie 2020. Die wenners sal gekies word in n “Pick a Box” vertoning waarvan die aanbieder Ashley Pienaar sal wees. Slegs 200 gaste sal die aand kan bywoon teen n koste R250 per persoon.
Aanbod aan adverteerders
Indien adverteers kaartjies sou koop in die fondsinsameling/kompetisie sal hulle geregtig wees om vir elke kaartjie wat hulle aan koop, 10 Live Read advertensie op Radio Houtstok te ontvang. Die waarde van 10 Live Reads is R850.00.