ADVERTEER OP RADIO HOUTSTOK 100.6FM STEREO

ADVERTEER OP RADIO HOUTSTOK 100.6FM STEREO

Hoekom behoort jy jou besigheid op

Radio Houtstok 100.6 FM Stereo te adverteer?

Advertensie van jou besigheid is die lewensaar wat jou sukses bepaal!

Enige besigheidseienaar wat sy sout werd is, weet hoe belangrik en uiters noodsaaklik effektiewe advertensie en blootstelling is vir hulle besigheid se oorlewing! Dit is ook so dat dit somtyds n baie duur uitgawe kan wees wat meeste kleiner besighede nie altyd kan bekostig nie en afmaak as onnodig! Dit is fataal!

Radio Houtstok is hier om jou besigheid en produkte bekendstel aan ons luisteraars in ons aangewese uitsaaigebied sonder dat dit jou die spreekwoordelike arm en been sal kos. Radio advertensie was nog nooit so bekostigbaar nie!

Hoekom is radio

So goeie medium om op te adverteer?

‘n Goed beplande advertensie met die regte aanslag is oortuigende verkoopmiddel! Die emosie van n radio advertensie maak dit baie meer oortuigend as n gedrukte advertensie.

Radio is ook die mees koste-effektiewe medium – Vir so min as R75 per 45 sekonde advertensie kan jou boodskap gehoor word in ons hele uitsaaigebied waar meer as n potensiele 1,000,000 luisteraars daar na kan luister! Radio is die goedkoopste en mees effektiewe vorm van reklame!

Navorsing het bewys dat verbruikers moet ten minste drie keer blootgestel word aan ‘n advertensie boodskap voordat die boodskap begin deur te dring. Radio bied jou daai voordeel sonder om jou bankrot te maak!

Jy het die voordeel om te besluit watter tyd van die dag jy glo is die beste tydgleuf of tydgleuwe wat jou teikenmark die beste pas met betrekking tot hulle leefstyl en belangstellings.   Met radio is jy altyd op die “voorblad”!  Met radio, wanneer jou advertensie uitgesaai word geniet jou advertensie die volle aandag van jou teiken mark.

Radio is ‘n aktiewe medium in ‘n aktiewe gemeenskap in mededingende mark!  Soek jy resultate?

Radio Houtstok

Is jou antwoord!

Wat verhoed meeste klein besighede en/of een-man sake om te adverteer?

Die persepsie dat radio advertensies is onbekostigbaar! Die vrae is altyd:

  • Kan ek dit bekostig?
  • As ek wel daai geld sou uit le, sal ek resultate kry?

Die antwoord op die vrae is eintlik voor die handliggend. Jy moet geld spandeer om geld te maak. Jy moet jou produkte en dienste bekendstel om kliente te werf.

Radio Houtstok se luisteraars, jou potensiele kliente, luister aldag heeldag na ons op 100.6 FM Stereo.

Radio is die ideale medium om jou boodskap aan potensiele kliente oor te dra en  deur konstante herhaling  word hulle bewus gemaak van jou dienste of produkte! 

Radio Houtstok het beslis n oplossing vir jou. Almal skrik hulle altyd dood as jy se n advertensie veldtog gaan jou vir arguments onthalwe R4 775 per maand kos! Nou maar goed, ek verstaan, maar kom ons kyk  so na dit!

Jou besigheid is heel waarskynlik 22 werksdae n maand oop, reg?  Hoeveel is jy bereid per dag om af te staan aan advertensie?  Wat van R400 per dag? Of 4 sent uit elke R1 omset? Klink dit aanvaarbaar? 

Goed, hoe se die ou Joodse oomies altyd, “here’s the deal”!   Vir R375 per dag bied Radio Houtstok jou 5 advertensies, van 45 sekondes, elke werksdag gee tussen 6vm en 6nm en na-ure en naweke gratis! 

Dus slegs R 4 775 per maand as jy n minimum kontrak van 3 maande met Radio Houtstok aangaan!  Eenmalige vervaardigingskoste van die generirese advertensie is slegs R1 950!

Hoe sou jy Radio Houtstok 100.6 FM Stereo se

Tipiese luisteraars profile beskryf?

Die tipiese persoon wat na Radio Houtstok 100.6 FM Stereo luister is heel waarskynlik n dame 35 jaar en ouer en groot geword in Afrikaans huishouding.  Sy is trots haar taal, Afrikaans, en haar Engels is gebrekkig.  Sy en haar gade val in die LSM 6 of hoër inkomstegroep! Tipiese plattelandse mense en ten minste 2 kinders per gesin.

Die profiel luisteraar wat Radio Houtstok geidentifiseer het, het heelwaarskynlik as kind groot geword het in n ouerhuis waar Springbok Radio prominent rol gespeel het dus is “Golden Oldies”, Springbok Radio Treffers en Country musiek is haar gunsteling Musiek benewens huidige Afrikaans  musiek!

Radio Houtstok 100.6

FM Stereo uitsaaigebied

Die uitsaaigebied toegeken aan Radio Houtstok deur OKASA is die se Weskus Munisipale Distriksraad wat bestaan uit die streeks munisipaliteite van Matzikama, Swartland, Saldanabaai, Cederberg en Bergrivier maar ons opvangsgebied is nie beperk tot slegs die voorafgenoemde areas nie.

Ons sein spoel wel oor na die omliggende areas soos die Kaapse Wynland (Boland) dorpe van Paarl, Stellenbosch, Paarl, Tulbagh, Wolseley, Ceres en Koue Bokkeveld. Dan kan jy Radio Houtstok ook luister in groot dele van die noordelike vooorstede van die  Kaapstad Metropolitaanse distrikte soos Durbanville, Cape Gate, Kraaifontein, Milnerton, Tableview,  Sunningdale Melkbostrand en Atlantis en Kaapse middestad.

Dit is ‘n gesamentlike oppervlakte van meer as 100,000km² wat is die tuiste van die bykans 1miljoen Afrikaans sprekende luisteraars. Geskatte luistertal op FM is tans tussen 80 000 en 100 000. Ons Radio Houtstok toepassing (APP) is reeds meer as 17000 keer afgelaai!

×

 

Hello!

Hello en welkom by jou gunsteling radio stasie. Hoop jy is so kalm soos n daggawalm! Praat met ons. Klik op Radio Houtstok

× How can I help you?