Welkom by Radio Houtstok

Geskiedenis

Radio Houtstok het op die 23ste Oktober 2010, vir die eerste keer op die lug gegaan, op die toe toegekende frekwensie  91.3 FM stereo,  van ons  destydse ateljee in Eden on the Bay, Bloubergstrand.

Radio Houtstok was die eerste “Afrikaanse” gemeenskapsradio stasie in die Kaap!  Radio Houtstok se hoofdoel is en was nog steeds die bevordering van Afrikaanse as Taal en Afrikaanse Musiek, aangesien meeste van die ander radio stasies in Kaapstad geweier het om Afrikaanse musiek te speel.  In Desember 2012 moes Radio Houtstok egter noodgedwonge ons seine afskakel as gevolg van baie omstrede omstandighede.

In Augustus 2016 het ICASA ons gekontak en gese ons moet ons lisensie hernu. Weereens was daar probleme met die onwettige verkoop van die lisensie en persone wat die Radio Houtstok se frekwensie ge-“hi-jack” het! Na n hofsaak van meer as 14 maande het die hof op die 12 Desember 2017 die persone verbied om Radio Houtstok se frekwensie te gebruik en is uitsendings onmiddelik gestaak.  Sedertdien sorg ons dat ons voldoen aan alle wetlike aspekte soso vereis deur OKASA. Radio Houtstok het weer op die 12de Desember 2018 sy regmatig plek op die luggolwe ingeneem!

Visie & Missie

Radio Houtstok is hoofsaaklik ‘n Afrikaanse musiek-stasie. Radio Houtstok se musiek databasis is so saamgestel dat dit aanklank sal vind by ons gekose profiel luisteraar, hoofsaaklik gerig op persone met Afrikaanse as huistaal, ouer as 25 jaar oud is en in die in LSM 6+ inkomste groep.

Musiek

Die musiek verpakking bestaan hoofsaaklik uit Afrikaanse kontemporere musiek, Golden Oldies van die jare 70’s, 80’s en 90’s, Treffers van die Springbok Radio era, nuutse Engelse liedjies en dan natuurlik die beste Country musiek. Daar sal toegewyde programme wees soso byvoorbeeld  Geestelike musiek (elke oggend) en Boeremusiek (Saterdae middae).

Radio Houtstok is ten gunste van die bevordering van Suid-Afrikaanse musiek, meer spesifiek Afrikaanse musiek, en die ontwikkeling van nuwe talent, op voorwaarde dat die liedjies nie “covers” is nie en dat die kwaliteit van die opnames en lirieke goed sal wees.

Die Stasiebestuurder sal die finale diskressie hê rakende die besluitneming of n liedjie goed genoeg is al dan nie.

×

 

Hello!

Hello en welkom by jou gunsteling radio stasie. Hoop jy is so kalm soos n daggawalm! Praat met ons. Klik op Radio Houtstok

× How can I help you?