Ja, Ons Gee Om

Radio Houtstok 100.6 FM Stereo

Radio Houtstok se “Ja, Ons Gee Om” projek

“To give and not expect a return, is what lies at the heart of Love’

 

Doel van die Projek

Die doel van die Ja, Ons Gee Om projek is om die mense wat behoeftige is in ons luistergebied, te help en ondersteun. Ons sal sekere kindertehuise, outehuise, diere organisasies en minder bevoorregte gesinne identifiseer en betrokke raak om hulle by te staan en help waar dit menslik moontlik is.

 

 Begunstigdes van die Projek

  • Kindertehuise
  • Outetehuise
  • Minder bevoorregte gesinne
  • Spesiale Ad Hoc projekte sal van tyd tot tyd geloods word na deeglike bespreking deur die Direksie van Radio Houtstok en die Bestuur van die Ja, Ons Gee Om Bv. Kankerlyers, ongeluk slagoffers ens.

 

Betrokkenheid

Die Ja, Ons Gee Om projek sal nooit kontant aan enige instansie of person skenk nie.

Sou iemand dringend kontant benodig om n rekening te vereffen of iets wat dringend benodig sou word,  sal die Ja, Ons Gee Om projek die betalings direk maak aan die betrokke instansie of die nodige aan koop.

 

 

Kleiner projekte binne die groter raamwerk van die Ja, Ons Gee Om projek.

WheelyBin Projek

Ons moet ten minste 20 van die tipe bins/dromme bekom. Die doel is om n stel van 4 dromme by n besigheid,  moet n adverteerder wees,  te plaas of af te gee waar mense in die omgewing wat donasies wil maak dit kan gaan doen.

Die dromme sal as volg gemerk word:

  1. Speelgoed vir Diere en Kinders
  2. Toiletware
  3. Klere – Volwassenes en Kinders
  4. Nie Bederfbare voedsel – Mens en Dier

Die dromme sal een keer per week leeggemaak word en die geskenkte donasies kom dan na die Radio Houtstok atlejee toe waar dit dan verwerk en geskenk sal word.

As n adverteerder sy Logo/advertensie op die dromme wil he kan die spasie aan hom verkoop word.

Sou daar die dringendheid ontstaan vir n ander veldtog wat geloods moet word wat insameling van die publiek verlang, soos bv water, sal ons n alternatiewe bin daarvoor gebruik.

 

Ander manier van betrokkenheid.

Radio Houtstok sal elke maand n sekere hoeveelheid lugtyd allokeer wat gebruik kan word vir bemarking, van Ja, Ons Gee Om projekte of van die ander gemeenskapsprojekte wat iets sou wou adverteer.

 

Befondsing van die Ja, Ons Gee Om projek.

Daar sal n persentasie van elke projek wat deur Radio Houtstok geloods word,  geallokeer word aan die Ja, Ons Gee Om projek. Soos byvoorbeeld die huidige Bingo Mania, waar R15 van elke kaart wat verkoop word gaan aan Ja, Ons Gee Om.

 

Deursigtigheid.

Die finansiele state en skenkings wat deur die Ja, Ons Gee Om projek sal beskikbaar wees vir enige individue wat in ons luisteraars gebied woon. Daar word verwag dat enige persoon wat insae sou wou he,  ons 48 uur kennis gee en bewys van identiteit en adres sal verskaf met so n inspeksie of besoek.

Elke skenking sal in n register opgeteken word met die totale omvang, hoe groot of klein ookal, duidelik omskryf.

Publiek moet ten alle tye ophoogte gehou word van enige projekte wat deur die Ja, Ons Gee Om projek gesteun word. Daar sal n spesifieke toegekende link op ons webwerf , gereeld opgedateer moet word.

 

Bestuur van die Ja, Ons Gee Om Projek

Die bestuur van die Ja, Ons Gee Om Projek sal bestaan uit 3 lede naamlik die Radio Houtstok Stasiebestuurder, Ja. Ons Gee Om Uitvoerende Bestuurder  en Radio Houtstok se ouditeur.

Dag tot Dag Bestuur

Uitvoerende Projek Bestuurder:     Cecily Immelman

Administratiewe Beampte:             Tracy Pienaar

Kontak Besonderhede:                   Tel. 022 880 0122/3   

epos: omgee@radiohoutstok.fm

Adres: Eenheid 29 Gateway sentrum Mykonos Kruising Langebaan 7357

×

 

Hello!

Hello en welkom by jou gunsteling radio stasie. Hoop jy is so kalm soos n daggawalm! Praat met ons. Klik op Radio Houtstok

× How can I help you?