Die antwoord op die 2de vraag is nie so eenvoudig nie. Was regtig heel ironies hoe dit gebeur het.
Soos ek reeds voorheen genoem het, het ek absoluut geen intensies gehad om in of op radio te wees of enigsins belangstelling gehad in radiowese nie. Die hele ding het alles gebeur as gevolg van ‘n “snotty comment” wat ‘n ander person in radiowese aan my gemaak het by ‘n besigheids seminaar.
Ek was uitgenooi deur Mertopolitan Life om ‘n seminaar by te woon by die Mount Nelson Hotel in Kaapstad. Toevallig was een van die persone aan dieselfde tafel as ek die grootbaas van KFM, ene Ian Bredenkamp.
Nou voor ek die kar voor die perd in span laat ek net so bietjie agtergrond gee. Toe ek destyds die noorde vir die suide verruil het, het ek agtergekom hier is byna geen radio stasies anders as in Gauteng, wat Afrikaanse Musiek speel nie. Hulle praat Afrikaans maar speel nie Afrikaanse Musiek nie. Ek het toe ‘n skrywe gerig aan die Stasiebestuurder by KFM, voorheen genoem Kontrei FM, en gevra hoekom speel hulle nie Afrikaanse Musiek nie. Geen antwoord ontvang nie. Selfs na ‘n tweede skrywe nog steeds geen antwoord nie.
Toe ek nou daaraan die tafel sit en die grootbaas van KFM sit daar dink ek nou hier is my kans om die man te vra hoekom speel hulle nie Afrikaanse Musiek nie. Wel, ek was stom geslaan oor wat sy antwoord was op my vraag! “because Afrikaans is a 2nd rated language!” My reaksies was onmiddellik wel, dan sal ek maar een moet begin en sy antwoord daarop was “Goodluck”.
En net daar is die saadjie geplant en ek het ‘n punt gehad om te bewys! Ek het begin rondvra en ge-Google ens. en toe word ek verwys na ‘n man met die naam van Gordon Hoffman in Gauteng. Gordon wat voorheen betrokke by 5FM en het sy eie stasie besit en ‘n bekende by OKASA. Ek het Gordon geskakel my storie vertel en sy antwoord was “Louis, it is possible, but it won’t be easy and remember it will be costly!” Ek het gesê ek gee nie om nie ek wil dit doen. Ek het ‘n afspraak met Gordon gemaak Gauteng toe gevlieg om hom te gaan sien.
Ek vertel jou meer in Hoofstuk 4 oor die proses en aanloop tot die eerste keer wat ons lewendig gegaan het op 91.3FM op die 22ste Oktober 2010.
Nuus brief Nommer 2/2023