‘n Vraag wat dikwels aan my gestel word is, hoekom die naam Houtstok?

5 May 2023 | General News

n 1994 was ek in die VSA gewees en tuis gegaan by ‘n vriend van my Joe Pedraza, ‘n voormalige Olimpiese Stoeikampioen in Brooklyn, New York. Een aand na ‘n oefensessie wat ek bygewoon het is ons na die Wellington Hotel in 7th Avenue, Manhattan waar sy verloofde gewerk het. Ons het daargewag dat sy van diens afkom. Terwyl ons daar gesit en gesels, vra hy my of ek weet van die Woodstock ’69 festival. Ek sê toe ja, beslis. Hy vra toe vir my of ek die persoon daarin die hoek sien sit met die grys poniestert. Bietjie verward, was ek verbaas oor die vraag. Hy antwoord toe: “wel, daai is Artie Kornveld een van die organiseerders van Woodstock ’69 Festival.” Hy vra toe of ek hom graag sal wil ontmoet. My antwoord was “What a question, Yes, most certainly!”. Hy was blykbaar ‘n “regular” daar!

Ons stap toe oor en Joe se vir hom “Hi Artie, I would like to introduce you to a friend of mine from South Africa”. Die verbasing op sy gesig was duidelike sigbaar en sy eerste woorde aan my was “but you are Caucasian!” En so het ons aan die gesels geraak en hy het my omtrent uitgevra rakende Suid Afrika. Later het ek die geleentheid gekry om hom uit te vra oor Woodstock ’69. Hy het toe aangebied om my te gaan wys waar Woodstock ’69 plaasgevind het. En so het ek ‘n “guided tour” van die Woodstock ’69 feesterrein gekry wat op die Max Yasgur’s melkplaas Bethel, New York plaasgevind het. Ek was inderdaad bitter bevoorreg gewees om die legende, Artie Kornfeld in persoon te kon ontmoet!

In 2009 moes ek ‘n nie-windsgewende maatskappy stig vir my beplande Afrikaanse radiostasie en moes ek met ‘n naam opkom. Die eerste naam wat in my kop opgeduik het, was Houtstok! Direk vertaal van Woodstock! En ja dit is hoe Houtstok FM, 100.6 FM Stereo (Radio Houtstok) sy naam gekry het!

In die volgende Nuusbrief vertel ek julle meer oor hoekom ons in 2012 gedwing was om van die lug af te gaan!

Houtstok FM 100 punt 6 Stereo bzlevine-Woodstock-318

Similar Articles

Houtstok FM stel nuwe webwerf bekend

Houtstok FM stel nuwe webwerf bekend

Houtstok FM - 100.6 FM Stereo, die gewilde gemeenskapsradiostasie, het die bekendstelling van hul nuwe webwerf aangekondig. Die webwerf is spesifiek ontwerp om die gemeenskappe in hul gekose uitsaaigebied te dien en sal luisteraars maklike toegang bied tot die jongste...

×

 

Hello!

Hello en welkom by jou gunsteling radio stasie. Hoop jy is so kalm soos n daggawalm! Praat met ons. Klik op Radio Houtstok

× How can I help you?